Hoërskool Ermelo bied pretloop aan ten bate van CANSA
ADVERTISEMENT
Op Donderdag, 11 April, het die Erries ’n pretloop aangebied ten bate van CANSA. Dit was ’n
besondere sukses. EHS bedank elke persoon wat op dié manier deel was van 110 jaar van Errie-wees, in besonder
die kanker “survivors” wat die pretloop ingelei het. Man en muis het opgedaag, opgetooi in neon! Everyone certainly did show their GLOW for Cancer. Baie dankie aan die Errieraad en hul ouers, Purejoy Water, Octipi en Riaan Stander (mediese bystand) vir die bydrae om te aand seepglad te laat verloop. Hoërskool Ermelo hoop om hierdie ’n jaarlikse instelling te maak!


















