Trampolien prestasie vir Hoërskool Framesby
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby leerder Simonique Grobler, Gr 12 het die naweek van 28 Junie aan die OP Proewe vir Tuimel en Trampolien deelgeneem. Sy het uitstekend gevaar en 2 x 1ste plekke (Goud) en 1 x 2de plek (Silwer) verower. Sy is vir die span gekies wat later hierdie jaar aan die Nasionale Gimnastiek Kampioenskappe 2025 gaan deelneem. Sy’t ook die naweek (8/9 Augustus) aan die Nasionale Klub- en SA proewe kompetisie deelgeneem. Sy het baie goed gevaar en 1 x 1ste plek (Goud), 1 x 2de plek (Silwer) en 1 x 3de plek (Brons) behaal.












