Hoërskool Fichardtpark netbal gaan van krag tot krag
ADVERTISEMENT
Dit is met groot opgewondenheid dat Hoërskool Fichardtpark die volgende kan aankondig. Ons is verheug met nuus dat Karla Pretorius, Direkteur van Netbal van Hoërskool Fichardtpark, se kontrak hernu is en dat sy nog by Fichardtpark netbal betrokke sal wees. Om ‘n netbalprogram te bestuur gaan oor soveel meer as net afrigting – dit gaan daaroor om ‘n volhoubare program te bou wat werklik bydra tot die groei en bevordering van netbal by ons skool. Ons doel bly om ‘n omgewing te skep wat kompeterend én ontwikkelend is – ’n inklusiewe en ondersteunende ruimte waar elke speler die geleentheid het om te groei en hul volle potensiaal te bereik. “Ek sien uit na nóg ’n seisoen van groei, ontwikkeling en trots” – Karla Pretorius










