Hoërskool Ermelo onderwysers aangewys as Mpumalanga netbalafrigters
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo onderwysers aangewys as Mpumalanga netbalafrigters. EHS is besonder trots op me U-Vandé Nortje, me Charné Grobler en me Madri Steenkamp. Hierdie drie onderwysers is onlangs aangewys as Mpumalanga-netbal-afrigters vir onderskeie posisies in verskillende ouderdomsgroepe:
- Me Nortje is gekeur as afrigter vir die o.15A-Mpumalanga-netbalspan.
- Me Grobler is gekeur as spanbestuurder vir die o.13-Mpumalanga-netbalspan.
- Me Steenkamp is gekeur as spanbestuurder vir die o.16 Mpumalanga-netbalspan.
Baie geluk aan hierdie afrigters. Die Erries wens elkeen voorspoed toe vir die seisoen wat voorlê en waardeer jul bydrae tot die EHS se netbal.

(vlnr): Me Madri Steenkamp, Me Chanré Grobler en Me U-Vandé Nortje.









