Hoërskool Ermelo leerders vaar goed by Puma-seunshokkie
ADVERTISEMENT
Armand Coetzer, graad 9-leerder was lid van die o.16B-Mpumalanga seunshokkiespan wat aan ’n Interprovinsiale toernooi te Kearsney College (KZN) vanaf 29 Junie tot 3 Julie deelgeneem het. Hierdie Puma-span het vyfde in die toernooi geëindig. Armand het as middellink praghokkie gespeel en is ook gedurende een van die toernooi se dae as ‘speler van die dag’ aangewys. Die Hoërskool Ermelo is trots op jou, Armand.
Armand Coetzer in aksie










