Hoërskool Ermelo leerder kwalifiseer as “Tournament Supervisor”
ADVERTISEMENT
Otto van Schalkwyk, ‘n graad 11 leerder van Hoërskool Ermelo het in Oktober ‘n Skaak -Arbiterskursus afgelê en die titel “Tournament Supervisor” gekry.

Hierdie is ‘n Nasionaal erkende kwalifikasie wat deur “CHESSA Chess South Africa” uitgereik word. Otto mag dus tydens Nasionale skaaktoernooie as skeidsregter optree. Otto is ook die jongste persoon in Mpumalanga met dié kwalifikasie. Baie geluk, Otto.









