Hoërskool Ermelo leerder gekroon as kampioen by tennistoernooi
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Ermelo leerder Henning Romijn wat aan die Middelburg Nut and Bolt tennistoernooi deelgeneem het vanaf 11 tot 13 Augustus vir seuns o.14. Aan die einde van die toernooi word Henning as die o.14 kampioen aangewys. Dit is ’n besondere prestasie en EHS is trots op Henning.










