Hoërskool Eldoraigne musiekblyspel Grease was ‘n reuse sukses
ADVERTISEMENT
Ons harte loop oor van dankbaarheid vir die sukses van ons musiekblyspel, ‘Grease’. Ons wil dankie sê aan elke onderwyser en leerling wat deel was van hierdie prag-produksie. Dit was baie ure se harde werk en toewyding en ons kan met trots sê dat elke oomblik daarvan die moeite werd was.
Ons is trots op elke Eldo wat deel van die ‘Grease’-geselskap was. Ons het die mooiste herinneringe gemaak asook waardevolle lewensvaardighede opgedoen, wat ons vir die res van ons lewens saam met ons sal dra. Dankie aan elke ouer wat die afgelope drie weke ons deelnemers getrou by elke oefening en optrede gekry het, asook julle ondersteuning en moed inpraat wanneer die moegheid die oorhand kry. Vir sommige van ons leerlinge was ‘Grease’ hul laaste musiekblyspel in hul skoolloopbaan – ‘n bittersoet oomblik inderdaad. Ons sien uit na ons volgende musiekblyspel in die toekoms, maar vir nou wens ons die geselskap van ‘Grease’, baie sterkte toe met elke aktiwiteit en moontlike uitdaging wat die res van kwartaal drie vir jul inhou. Ons is baie trots op julle!


















