Dertien nominasies vir Parel Vallei by Fraserburg Logan Toneelfees
ADVERTISEMENT
Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes het in Augustus die skool se veelsydigheid op kultuur- en dramagebied gewys by die grootste en oudste jeugtoneelfees in die land. PV se vyf uiteenlopende produksies is bekroon met altesaam 13 nominasies en twee toekennings.
Kultuurhoof van Parel Vallei, Darryl Spijkers, het die toekenning vir Beste Regisseur vir DIE SUSTERSKAP gewen en Paul Strydom in graad 11 is as Beste Manlike Byspeler aangewys vir sy rol as die Choreograaf in “5678”. Paul is ook benoem vir die Beoordelaarstoekenning vir Veelsydigheid van Spel vir sy rolle in “5678” en mAaNmAaTs. Die leerderproduksie (kant)LYNSTAAN waarvan Parel Valleier, Anya Marx in graad 12 die dramaturg en regisseur is, asook DIE SUSTERSKAP, is beide genomineer vir Beste Produksie van hierdie jaar se fees.

Talia Roux (as Magdaleen) en Doline Havinga (as Stefanie) in ‘n toneel uit Parel Vallei se leederproduksie, (kant)LYNSTAAN.

Zané Habig in die rol van Gerzé Prinsloo in Parel Vallei se produksie, “5678”

‘n Toneel uit Parel Vallei se DIE SUSTERSKAP

Paul Strydom as Paul in ‘n toneel uit mAaNmAaTs
Ander nominasies sluit in:
Beste Aktrise:
- Talia Roux as Magdaleen in (kant)Lynstaan
- Zané Habig as Gerzé Prinsloo in “5678”
Beste Vroulike Byspeler:
- Doline Havinga – Die Susterskap
- Roslin Spires – Die Susterskap
Beste Ensemble:“5678”
Beste Tegnies:Die Susterskap
Beste Nuutgeskrewe Teks:
- (kant)Lynstaan
- Die Susterskap









