Drie van Hoërskool Parel Vallei produksies in ATKV-Tienertoneel se finale rondtes
ADVERTISEMENT
Die Top 8-produksies van die ATKV-Tienertoneel vir 2023 sluit twee van Parel Vallei se dramastukke in. Beide Wegwêreld en 23kg dring deur na die landswye finaal. Die twee beste produksies met slegs leerders, word ook na die nasionale finaal genooi, wat tussen 3 en 6 Oktober in die Lyric-teater by Gold ReeCity in Johannesburg plaasvind. Die bestes word dan tydens ‘n spogprysuitdeling op 6 Oktober aangewys. Paul Strydom se Slaansak is een van die Top 2-produksies met slegs leerders, wat tydens die nasionale finaal sake moet uitspook.

Wegwêreld

23kg (foto deur Keira Pheiffer)

Drama_Slaansak met Paul Strydom









