Hoërskool DF Malan is deel van die WESSA (Wildlife and Environment Society of South Africa) eko-skoleprogram
ADVERTISEMENT
Hoërskool DF Malan is deel van die WESSA (Wildlife and Environment Society of South Africa) se eko-skoleprogram. Die program vereis dat elke skool jaarliks ‘n sekere aantal projekte moet voltooi ten einde die omgewing te beskerm en volhoubaarheid aan te moedig.
Hier by DF is me. Marinda Prinsloo aan die stuur van die ekologie-klub, df.groen en onder haar leiding is DF met die Internasionale Groen Vlag by die afgelope naweek se WESSA-prysuitdeling beloon. Die Internasionale Groen Vlag word toegeken aan skole wat ’n sekere aantal projekte in een jaar voltooi. Die projekte moet aansluit by ‘n verskeidenheid temas, insluitende voedsel, herwinning en energie. Ons moet elke jaar uitbrei op die projekte wat ons aanpak om sodoende in aanmerking te kom vir ‘n Groen Vlag van ‘n hoër vlak.

Verder is ons baie opgewonde om aan te kondig dat DF ook die “Outstanding Eco-School”-toekenning ontvang het en me. Prinsloo het hierdie toekenning ontvang! Hierdie toekennings vier me. Prinsloo se leierskap met die df.groen-span en gee erkenning aan die hoogtes wat ons skool bereik in die veld van sonkrag en energie. Ons sien uit om te sien wat df.groen in die volgende jaar gaan aanpak en ons is trots op hierdie wonderlike prestasies!
Soos Cindy Lee Cloete (waarnemende hoof van WESSA) by die prysuitdeling gesê het: “Indeed, our notable projects exemplify innovation and leadership in environmental sustainability. The DF Malan High School Energy Project stands as a beacon of hope, demonstrating how small steps can yield significant gains in reducing emissions and combating climate change.’’ Baie geluk, df.groen!











