Hoërskool Zwartkop se Eko-klub skitter
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop se Eko-klub skitter! Hoërskool Zwartkop se Eko-klub het op 9 April 2022 aan die jaarlikse SAICE (The South African Institution of Civil Engineering) se Skole Waterkompetisie deelgeneem.
Dié kompetisie gee skoolleerlinge die geleentheid om meer van siviele ingenieurswese te leer en hoe om water as skaars hulpbron te bestuur uit ‘n verspreiding-, besoedeling- en afvalbestuursoogpunt. Die Zwarries het vir die eerste keer aan die kompetisie deelgeneem en het ‘n uitstekende tweedeplek behaal. Die kompetisie is deur Zutari in Newlands, Pretoria-Oos, aangebied. Die Zwarrie-span het bestaan uit Belinda Appel, Julian van Niekerk en Johnathan Jones.
Die kompetisie het behels dat die leerlinge ‘n waterverspreidingsnetwerk opstel om gelyke volumes water van ‘n hoof verspreidigspunt, bekend as ‘n resevoir of opgaartenk, te versprei na drie kleiner sub-reservoirs, sodat al drie waterbergingshouers dieselfde volume water in het. Die nodige hulpmiddelle om die waternetwerke te bou, is voorsien waarna die leerlinge spesifieke areas is op ‘n kaart aangewys is om hul uitleg te beplan. Die pypleiding moes uitgelê word en getoets word voordat dit beoordeel is.
Belinda Appel (links) Johnathan Jones, Julian van Niekerk (regs)










