Hoërskool Bellville is krieketkampioene
ADVERTISEMENT
Hoërskool Bellville se 1ste krieketspan is die WPNS-Kampioene vir 2022!
Die o.19A-span is op Saterdag 12 Maart as ligawenners gekroon nadat Bellville vir Fairmont met 9 paaltjies geklop het. Fairmont het eerste gekolf en is vir 50 uitgeboul. Johnny Drake het 4 paaltjies vir 3 lopies in 6 boulbeurte geneem. Bellville het 51 vir 1 aangeteken om die oorwinning te behaal. Hendré Nortjé het 25 lopies nie uit nie gehad. Die WPNS-liga vir 2022 sluit spanne in van onder meer Hoërskool Durbanville, Curro Durbanville, Hoërskool Stellenberg, Hoërskool DF Malan, Hoërskool Brackenfell, Reddam House Durbanville en Hoërskool Tygerberg.










