Hoër Volkskool ruiter vaar goed by uithourit
ADVERTISEMENT
‘n Opwindende begin vir Lehan de Beer se uithourit-deelname en loopbaan, het begin in Hofmeyr in die Oos-Kaap. Hy was een van 70 ruiters wat deelgeneem het aan die Waterlea Perde Uithourit. Hy het sy eerste 40km beginnersfase voltooi in n tyd van 2 ure 40 sekondes wat hom toelaat om sy volgende 40 km aan te pak.
Hy moet wel nog een 40 km en twee 80 km uithouritte voltooi om te mag kompeteer in die ‘Young rider’-afdeling. Hoër Volkskool wens hom sterkte toe vir sy volgende 40 km wat te Colesberg plaasvind op die 9 de Maart 2024. Op die foto verskyn Lehan de Beer saam met die perd Gnu Gabbi van die Gnu Arabier Stoet.










