Hoër Volkskool Potchefstroom wens onderwyser geluk met sy prestasie
ADVERTISEMENT
Hoër Volkskool Potchefstroom wens vir mnr. Crowther geluk met sy pragtige prestasie oor sy referaat wat hy die afgelope week in Griekeland gelewer het oor “Our Apollonian Dilemma: Appreciating the Power of the Imagination in the 21st Century through Two of Keats’s Odes”.
Dit het gegaan oor die belangrikheid van die verbeelding in ons moderne samelewing wat baie klem plaas op rasionalisme.Mnr Crowther het sy referaat toegepas op John Keats se poësie en daaruit twee funksies van die verbeelding uitgelig wat ‘n belangrike rol in vandag se tyd kan vervul.
Sy idee het oorsprong uit sy Meesters se skripsie, en hy het dit verder verwerk om dit moontlik te laat publiseer in artikelformaat en dan later as ‘n beginpunt vir ‘n PhD oor dieselfde onderwerp te gebruik.Baie geluk mnr Crowther. Ons Volkies is trots op jou.












