Hoër Volkskool Leerlingraadslede en leiers het ‘n beplanningskamp bygewoon
ADVERTISEMENT
Na afloop van Hoër Volkskool leerlingraadsverkiesing verlede week, het die nuwe senior leerlingraadslede ‘n leiers- en beplanningskamp bygewoon. Hierdie kamp het plaasgevind te Skietfontein, Somerset-Oos. Hul het vier dae in die vars karoolug spandeer en ‘n hele paar uitdagings as ‘n span voltooi en vrese oorwin! Die span het goeie herinneringe gemaak en baie van hulself en hul spanmaats geleer.














