Hoër Volkskool dansers neem deel aan die Nelson Mandela Bay Dance Festival
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het twee van Hoër Volkskool se dansers, wat onder leiding van me Chinelle Marais, eienaar van die Chinelle School of Dancing, deelgeneem aan die Nelson Mandela Bay Dance Festival te Gqeberha.
Daar was om en by 1600 dansers wat deelgeneem het aan hierdie kompetisie. die kompetisie het plaasgevind by die S𝘢𝘷𝘰𝘺 𝘛𝘦𝘢𝘵er, en die ‘n bekroonde internasionale beoordelaar, Debbie Rakusin, was een van die beoordelaars.
Kate-Lynn Kruger het aan twee items deelgeneem, albei in die moderne kontemporêre afdeling. Sy dans op ‘Happier’ en wen goud, asook ‘Lost without you’ en wen silwer.
Monique Nel het aan ‘n paar items deelgeneem in verskillende afdelings. vir ‘Tap’ wen sy vir ‘Dance with me” Goud, en ‘Trouble’ Brons. In die moderne kontemporere afdeling, wen sy silwer (80%) vir ‘Flashlight, en Brons vir ‘Perfect Day’ In die ballet afdeling kry sy Silwer (81%) vir ‘A tale of Love’ en ook silwer vir ‘Polka in the Meadow’.Dit was ‘n baie stresvolle Dansfees, maar baie goeie ondervinding vir ons dansers. Baie geluk!









