Hoër Landbouskool Boland vaar puik by die Skaapskeerkompetisie
ADVERTISEMENT
Die nasionale skaapskeerkompetisie wat die afgelope week in Bloemfontein plaasgevind het, was beslis een vir die boeke! Ons is ongelooflik trots op Boland se vier manne wat in die WP span opgeneem is en die provinsie verteenwoordig.
’n Spesiale gelukwensing aan Luan Skog wat dit tot in die finale van die interskole masjienskeer gemaak het en ’n puik 5de plek behaal het welgedaan!
Baie geluk aan julle vier manne én aan elke leerder wat deelgeneem het aan hierdie merkwaardige kompetisie. Julle toewyding en harde werk is werklik inspirerend!


















