Hoër Landbouskool Boland leerders Paasfees bederf uit die koshuis kombuis
ADVERTISEMENT
Die geur van varsgebakte hot cross buns het vandag deur die gange getrek. Hoër Landbouskool Boland seuns is behoorlik deur ons spyseniers bederf. Van doughnuts versier met “speckled eggs” tot pragtige cupcakes. Dit was lekker om te sien hoe die manne dié smaaklike verrassings geniet en heerlik smul voor die Paasnaweek en voor die skoolvakansie aanbreek.
Dankie aan Feedem en die kombuispersoneel van Huis Nico Malan. Julle passie en harde werk agter die skerms sorg nie net vir vol mae nie, maar ook vir glimlagte op elke gesig. Dankie dat julle altyd daardie ekstra myl loop vir ons seuns!












