Groot Prestasie vir Hoërskool Kathu
ADVERTISEMENT
Groot Prestasie vir Hoërskool Kathu! Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat die volgende leerders van Hoërskool Kathu gekies is as deel van die Noord-Kaap Atletiekspan wat aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Atletiek Kampioenskappe gaan deelneem vanaf 7–12 April 2026 in Rustenburg. Hier sal hulle meeding teen die beste atlete van regoor Suid-Afrika.
Ons atlete:
- Gregory Julie (S19) – 400m Hekkies
- Emmanuel Witbooi (S19) – 100m
- Marshall Matthews (S15) – 300m Hekkies & 100m Hekkies
Ons is ook baie trots om te deel dat Mnr. C van Tonder gekies is as afrigter van die Noord-Kaap Atletiekspan wat na die kampioenskappe reis. Hierdie is ’n besondere prestasie en ’n bewys van harde werk, deursettingsvermoë en toewyding. Ons wens julle alle sterkte toe vir die kampioenskappe – Hoërskool Kathu staan agter julle!













