Die skeie spat in Hoërskool Zwartkop
ADVERTISEMENT
Die skeie spat in Hoërskool Zwartkop. Vanaf 10 tot 15 Desember 2022 het die Zwarrie-jukskeispelers aan die S.A. Junior jukskeikampioenskappe te Kroonstad deelgeneem. Juan-Cornè Brand (o.16) behaal ‘n silwer medalje vir die Gauteng-Noord span sowel as silwer tydens die dubbels gemengde spandeelname. Karla Agenbag (o.16) behaal ‘n silwer medalje in die dubbels kompetisie en ‘n goue medalje vir die Gauteng-Noord dogterspan. Karla is ook gekies as lid van die Suid-Afrikaanse dogters o.16 A-span.
![]()
Marghereet Visser (o.16) behaal ‘n goue medalje in die dubbels kompetisie sowel as goud vir die dogters o.16 Gauteng-Noord span. Marghereet is verkies tot die S.A. nasionale span en sy is aangewys as die o.16 S.A. kapteine. Sy is ook deel van die span wat in Junie vanjaar in Namibië gaan toer. Mignon Broodryk is ingesluit in die S.A. akademie uitnodigingspan vir dogters o.19 en het ‘n silwer medalje ontvang. Elzaan Badenhorst (o.19) is deel van Gauteng-Noord o19 A-span.
Karla Agenbag, Mignon Broodryk, Marghereet Visser










