Die Hoërskool Menlopark nuwe leiers vir 2026
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Menlopark nuwe leiers vir 2026:Menlo se Parkieraad vir 2026 is ingehuldig. Dankie aan ds. Fay van Eeden vir die inspirasie en Jesse Pretorius en Isabeau van Helsdingen (2025 se voorsitter en ondervoorsitter) vir uitsonderlike boodskappe! Geluk aan Liam de Koning en Leandri Botha wat as voorsitter en ondervoorsitter van die Parkieraad van 2026 aangewys is. Sterkte aan almal met die pad vorentoe saam met al die Menlo-leerders. Ons sien uit!
Menlo se Matriekraad-inhuldiging was ‘n klassieke, stylvolle Menlo-funksie. Ons sien met trots uit na ‘n jaar van hoogtepunte en vreugde saam met die Matriekraad en die matrieks van 2026.

Baie geluk aan die hoofleiers (Mia de Waal en Erik Senekal) en die dagbestuur van die 2025/2026-Menlo-Matriekraad!


















