Curro Mosselbaai rugby druk deur tot die einde
ADVERTISEMENT
Op die rugbyveld het dit n bietjie moeiliker met die 1ste span gegaan. Ek glo met n bietjie meer geluk en 1 of 2 minder beserings kon dit beter gegaan het. Die span het egter nooit moed opgegee nie en het altyd tot die einde bly speel met baie goeie sportmangees

Die o.15 span het deurgaans die seisoen goeie rugby gespeel en het die liga fase met slegs 1 nederlaag afgesluit. Baie geluk, manne. Ek glo met harde werk en deursettingsvermoë gaan Curro Mosselbaai nog n krag in Suid Kaap rugby word. Die talent is beslis hier.
Hier volg die uitslae:
4 Mei York High School
0.15: 10 10 Gelykop
1e span: 12 29 Verloor
11 Mei Parkdene High School
0.15: 33 0 Wen
1e span: 14 16 Verloor
14 Mei Langenhoven Gimnasuim
0.15 24 0 Wen
1e span: 24 7 Wen
21 Mei Swellendam
1e span: 15 47 Verloor
25 Mei George High School
0.15: 22 17 Verloor










