Blinkers en prinsesse by netbal “High Tea” van Hugenote Laerskool
ADVERTISEMENT
Hugenote Laerskool jaarlikse ‘high tea’ vir ons klein netbalspelertjies was weer vol blinkers en bederf. Die dogters het soos ware Hugenote-prinsesse gelyk en heerlik saamgekuier.
Ons gasspreker, Chrislie Dreyer, het die dogters daaraan kom herinner dat hulle fyn porselein is.
Die meisies het Donderdagmiddag ook hul tekkies afgestof en die netbalseisoen op ‘n hoë noot afgeskop.


























