Bellville-Noord geniet dit om boekkarakters te wees
ADVERTISEMENT
Internasionale Boekedag was op twee dae by Laerskool Bellville-Noord gevier. Woensdag, 24 April, het die skrywer Felicia Snyman oor haar twee boeke in die “Die Ware Avonture van Adelie en Riley”-reeks met die Intersen-fase kom gesels. Sy het meer oor die ontstaan daarvan vertel en allerlei staaltjies oor veral die karakter Riley, wat een van haar vyf honde is. Sy het ook uit albei boeke voorgelees.
Vrydag, 26 April, kon al die leerlinge soos enige karakter uit enige boek aantrek. Die skool het ‘n groot menigte Harry Potters, Liewe Heksies, feëtjies, en vele ander karakters gehad wat kom lees, skryf en wiskunde doen het. Selfs Trompie het ophou stokkiesdraai en het saam met Wolf, Ouma en ‘n hele paar Rooikappies ook klasgedraf. Bennie Boekwurm, Saartjie, Bambi en Babalela was ook in van die klasse. Daar was ook ‘n paar grillerige karakters uit van die Griller-boeke wat kom inloer het.
Wolf, Ouma en twee Rooikappies.
Liza Boekwurm
Babalela
Die gr. RR’e.












