Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria Musikante beleef JHB Filharmoniese Orkes
ADVERTISEMENT
Meer as 100 opgewonde musiek- en orkesleerlinge van Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria het Donderdag na Parktown gereis om die finale kleedrepetisie van die Johannesburgse Filharmoniese Orkes in die Linder Ouditorium by te woon. Die dirigent, Daniel Boico het die orkes in vier werke gelei wat die overture van West Side Story ingesluit het – ‘n werk wat die musiekleerlinge in skool behandel.










