Afrikaanse Hoër Meisieskool se eerstespan het uitstekend by die Gerrie Berner Tennistoernooi gevaar
ADVERTISEMENT
Afrikaanse Hoër Meisieskool se eerstespan het uitstekend by die Gerrie Berner Tennistoernooi in die Paarl gevaar. Ons span het 5de (uit 12 skole) geëindig. Karmen Schilz (kaptein), Kristi Koekemoer, Aletta Smit, Robin Els, Janica Meyer, Diane de Jager en Jessé de Villiers het Affies met onderskeiding in hierdie strawwe toernooi verteenwoordig.










