Laerskool Cracdock spog met briljante tennispeler
ADVERTISEMENT
Nicolaas van der Walt, tennisspeler van Laerskool Cradock, het die afgelope vakansie aan twee tennistoernooie deelgeneem. Hy wen die seuns onder 12 TSA Grand Prix, in Oos-Londen, in die enkels, asook die dubbels. Nicolaas het ook die TSA Super 8 toernooi, wat in johannesburg plaasgevind het, in die enkels en dubbels gewen. Voorwaar ‘n puik prestasie! Laerskool Cradock is baie trots op hom
.









