Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria ruiters presteer
ADVERTISEMENT
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria ruiters presteer. Dressage Gauteng South African Youth Championship. Amé Pienaar is deur die Gauteng Dressage Council verkies as deel van die Gauteng Dresseer span. Amé en von Ghaku Wanica het die Gauteng span verteenwoordig by die South African Youth Championship wat by Kyalami Equestrian Park aangebied is vanaf 29 Junie – 2 Julie 2023.
- Amé Pienaar en von Ghaku Wanica het pragtig presteer:
- 1e Plek Dresseer – Q1
- 3de Plek Dresseer – Gauteng Span
- 3de Plek Algeheel Dresseer Junior Novice in SA
- 1e Plek Gauteng span Junior Novice in SA
- 5de Plek Dreseer Freestyle Junior Novice in SA
Affie Ruiter skop stof op! Affie ruiters het die afgelope seisoen baie goed tydens verskillende byeenkomste presteer. Lutri Serfontein het aan die Nasionale Boerperd Kampioenskappe deelgeneem. Die kampioenskappe het vanaf 26 Junie tot 1 Julie 2023 plaas gevind. Die Kampioenskappe was in Parys aangebied. Lutri het uitstekende uitslae behaal:
- 6de – in hand Reunperd 5+
- 1ste, 1ste & Kampioen – Dressage Pony Rider Elementary –
- 3de – Veelsydige Ryperd Kinderruiter O/15
- 6de – Show jumping 50 cm
- 4de – Working Hunter 60 cm
- 3de – Western Pleasure
- 1ste – Kostuum klas
- 3de – 3 Gang Kinderryperd 0/15
- 5de – Universiele Kampioen van Kampioene
Baie geluk aan Affie Ruiter Annika Smit (gr 12) sy het saam met 18 ander top ruiters van regoor SA deelgeneem aan die nasionale ruiterkuns proewe in Parys, Vrystaat. Dit is `n strawwe 4-dag kompetisie. Annika is verkies as Jnr Protea Ruiter om SA te verteenwoordig in ‘n Internasionale kompetisie teen USA in Desember. VSA is die huidige wêreldkampioene in ruiterkuns. Sy was ook deel van die Gauteng Ruiterkuns Span wat Goud verwerf het in die 3-gang dissipline tydens die Interprovinsiale kompetisie. Hier neem 5 provinsies deel. Annika se insluiting in die Junior Protea span is goeie voorbereiding vir volgende jaar se Wêreldbeker.














