Hoërskool Nylstroom ruiter maak gereed vir die SANESA kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Kayleigh Weir se opwinding is aansteeklik terwyl sy gereed maak vir die Western Mounted Games Nasionale SANESA Kampioenskappe wat van 1-4 Oktober in Parys, Vrystaat by Afridome plaasvind. Haar harde werk en deelname aan verskeie kwalifiserende kompetisies gedurende die jaar het haar ‘n welverdiende tweede plek in Limpopo opgelewer vir Vlak 0 (beginners) in die hoërskool kategorie. Ons ondersteun jou al die pad, Kayleigh!
![]()










