Hoërskool Nylstroom leerders skitter in die Limpopo skaak finale
ADVERTISEMENT
Dapper spelers van die Hoërskool Nylstroom het op 19 Augustus hul skaakstukke reggesit vir die Limpopo finale! In die o.19 afdeling het Jandré Neethling die bordprys verower en homself as beste speler op bord 1 bewys. In die o.15 afdeling het Denzel Molele die bordprys vir beste speler op bord 5 ingepalm.















