Hoër Meisieskool La Rochelle atleet skitter aan Boland Landloopkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoër Meisieskool La Rochelle atleet Lumari de Beer wat ’n uitstekende silwermedalje by die Boland Landloopkampioenskappe by Dal Josafat Stadion verower het!
’n Spesiale woord van dank aan haar afrigter, Johan Fourie, vir sy toewyding, leiding en waardevolle aandeel in Lumari se landloopreis.
Sukses word gebou op ure se harde werk, ondersteuning en geloof in ’n atleet se potensiaal. Baie geluk, Lumari en Johan – ons is ongelooflik trots op julle!













