Hoërskool Zwartkop hokkiedogters presteer in Noordvaal
ADVERTISEMENT
Zwarrie-hokkiedogters presteer in Noordvaal! Die Zwarries se o.15 A, o.16 A en1ste span hokkiedogters het aan die Noordvaal B-afdeling deelgeneem en puik prestasies gelewer.
- o.15 A neem deel by Hugenote Springs en eindig 9de
- o.16 A neem deel by Monument en eindig 8ste
- 1ste span neem deel by Dr. Malan en eindig 4de
Christea Jansen van Vuuren, Mila van Tonder en Inge Albertyn het hul laaste wedstryd vir die 1ste span gespeel. Keila du Randt ontvang die trofee vir die Beste Doelwagter van die toernooi!
















