Hoërskool Ermelo Eagles vlieg hoog by Rhino-week
ADVERTISEMENT
Tydens die Julievakansie, het die Hoërskool Ermelo se o. 15-hokkiedogters aan die Rhino-week se o.16-hokkie-toernooi deelgeneem. Hulle span het as die TWK-Eagles bekend gestaan. Die Eagle-span het nie teruggestaan vir die ander streke nie en teken in die vyf wedstryde 37 doele aan met slegs drie doele teen hulle. In die finaal reken hul gemaklik af met Noord-Vrystaat en tree aas wenners van die o.16-Rhinoweek uit die stryd. Luné Clack word as die beste speler van die o.16-toernooi aangewys en Danisia Badenhorst as die “Top Goal scorer” van die toernooi. Baie geluk aan hierdie o.15 Errie-Eagles en me Elana Fourie met hierdie besondere prestasie. EHS is trots op julle.
o.15 Errie-Eagles wat aan die o.16 Rhino-toernooi deelgeneem het










