Hoërskool Ermelo hokkie presteer in MPU kwart- en semifinale
ADVERTISEMENT
Die A-hokkiespanne van Hoërskool Ermelo het op Saterdag, 8 Junie, hulle Mpumalanga kwart- en semifinale wedstryde gehad. Baie geluk aan elke hokkiespan met spogtellings. EHS sien uit na die uitslae van die komende Mpumalanga-finaal. Sterkte met die voorbereiding.
Die o.14A-span wen albei hul wedstryde: in die kwartfinaal wen die Erries teen HTS Witbank met 6-0 en in die semifinaal wen EHS teen Ligbron met een doel teenoor nul.

o.14A-span
EHS se o.15A-span het in die kwartfinaal te staan gekom teen Secunda en eindig met een doel vir elk. Met “8 seconds” verloor EHS egter met twee doele teenoor drie. Tydens die semifinaal wen die Erries teen Ligbron met 3-1.

o.15A-span
Die o.16A-span wen HTS Witbank met 4-0 in die kwartfinaal en wen teen HTS Middelburg met 1-0 in die semifinaal.

o.16A-span
Die Hoërskool Ermelo Wenken Eerste span verloor in die kwartfinaal teen Secunda met een doel teenoor twee, maar wen die semifinaal met 4-2 teen Lydenburg.

Eerste hokkie span









