Hoërskool Swellendam is trots op hul atleet se harde werk en toewyding
ADVERTISEMENT
Hier by Hoërskool Swellendam is daar baie talent, maar dit is vir ons ‘n plesier om een van ons leerders uit te sonder vir haar harde werk en toewyding . Ilandrie het vir 2024 sover die volgende prestasies behaal: Vir atletiek by die Wes-Kaap kampioenskappe verower sy ‘n 3de plek in die 1500m. By die SA-atletiek kampioenskappe haal sy ‘n 9de plek in die 1500m.
In haar fietsry presteer sy ook uitstekend en behaal in die SA XCO ‘n 6de plek, in die SA XCC ‘n 9de plek en is gekroon as die Wes-Kaap Kampioen in die XCO reeks. Sy lê tans in die 1ste plek in die Wes-Kaap XCM reeks. Wat ‘n merkwaardige prestasie vir hierdie sportliefhebber! Nog meer wen sy by landloop al 5 haar streekswedlope, en ook die Interdistrikte kampioenskappe.
![]()
Haar volgende landloop wedloop is 10 Augustus 2024, waar sy aan die Boland kampioenskappe gaan deelneem. Daarna lê Wes-Kaap en, as dit God se wil is, SA’s nog voor. Hiervoor wens ons haar baie sterkte toe. Ilandrie dank graag vir mnr Marnus Meiring, haar afrigter, wat saam met haar die ekstra myl stap, asook die mense van Swellendam wat haar finansieel bystaan sodat sy die verskeie sporte kan volhou. Die ondersteuning word baie waardeer. Ilandrie verwys al die eer na Jesus wat haar geseën het met hierdie talente en dank Hom dat Hy haar in Sy hande dra tydens haar kompetisies.










