Laerskool Aliwal-Noord skuts haal die Vrystaat Skoleskiet Semi-Finale
ADVERTISEMENT
Laerskool Aliwal-Noord skuts haal die Vrystaat Skoleskiet Semi-Finale. Vrydag, 2 Augustus 2024, het Abigail Mostert en Frieda-Marie Labuschagne deelgeneem aan die semi-finale van die Vrystaat Skoleskiet vir 2024. Altwee skuts het die dag se kompetisie ingegaan met die hoop om te kwalifiseer vir vanjaar se finale. Abigail en Frieda-Marie skiet uitstekend en kwalifiseer albei vir vanjaar se finale! Hul harde werk is beloon. Baie geluk. Ons is baie trots op julle!
![]()









