Hoërskool Swellendam leerders skitter aan die Suid-Afrikaanse Junior Toutrek-kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swellendam het op 15 en 16 Maart te Kimberley aan die Suid-Afrikaanse Junior Toutrek-kampioenskappe deelgeneem. Ten spyte van die uiterse hitte het hul baie goed gevaar. Die 400kg seuns span, asook die 440kg seuns‐en dogters spanne, 480kg seuns en die 520kg seuns span, het ‘n silwer medalje verower, Die 520kg gemeng het ‘n brons medalje verower. Die 440kg seuns B span is die wenners van die plaat afdeling, wat ‘n alegehele 5de plek beteken. Die 520kg dogters het ‘n tweede plek in die plaat afdeling behaal. Die 520kg gemeng B span het ook ‘n tweede plek in die plaat afdeling behaal. Hoërskool Swellendam het die 2de meeste medaljes in die kampioenskappe verower. Baie geluk aan elke trekker, ons is trots op julle. Ons bedank ook graag vir juffrou Truter, mnr. Meyers en die afrigters, Michael Lourens en Johan Boysen, vir hul harde werk.
520kg gemengde span)
480kg seuns span
Thys Lourens










