Afrikaanse Hoër Meisieskool orkesspelers kry reuse voorreg by Simfonia Juventi
ADVERTISEMENT
Simfonia Juventi is ‘n jeugorkes wat uit die beste orkesspelers in Gauteng bestaan. Dit wil gedoen wees om die oudisie te slaag en ‘n reuse voorreg om deel van hierdie orkes te vorm. Die volgende dogters is gekies vir die Simfonia Juventi orkes: Olivia Lubbe, Mischa van Rooyen, Jenna Marique Macklin, Cara Strydom, Lesje de la Bat, Christi Knipe en Annie Steyn. Ons wens julle ‘n wonderlike en musikale orkesseisoen toe!










