HS Durbanville bied Windworx orkesfees 2022 kleurvol aan
ADVERTISEMENT
Op Saterdag 14 Mei 2022 is die 17de Windworx Fanfare by Hoërskool Durbanville aangebied. Na ‘n droogte van 3 jaar a.g.v. die grendeltydperk kon 14 orkeste vanuit die Kaap, Worcester en selfs Gauteng weer deelneem aan hierdie gesogte geleentheid.
Die voorsitter van Windworx, Riaan van Wyk, beskou dit as een van die grootste feeste vir blaas- en jazz orkeste in die Wes-Kaap. Baie geluk aan Hoërskool Durbanville Blaasorkes, o.l.v. Mev. Suretha Theron wat ‘n goue toeknning by hierdie geleentheid verwerf het. Buiten hierdie uitsonderlike prestasie het die Durbies ook as ware ambassadeurs van die skool opgetree.
Die Massa-orkes van amper 500 leerders was die hoogtepunt van die geleentheid en die skool se ouditorium was gevul met al die kleure wat klank kan bied. Dié orkes is deur drie van die voorste dirigente in die Wes-kaap dirigeer, nl. Peter Catzavelos, Faan Malan en Suretha Theron.










