Hoërskool Outeniqua Jazz Orkes
ADVERTISEMENT
Die Jazz Orkes het aan die Tygerberg Internasionale Eisteddfod in Kaapstad deelgeneem.
Hulle ontvang hoogste lof (98%) vir hul uitvoering en word aangewys as kategorie-wenners.
Die beoordelaar het spesiaal melding gemaak van die groep se besonderse sensitiewe ensemble-spel en Logan Jantjies (klawerbord & baskitaar) is geprys vir die ritmiese plooibaarheid van sy solo improvisasie.
Baie geluk aan elkeen van julle, ons is so ongelooflik trots!
Ry 1 v.l.n.r.: Henco Bester, Nicklen Gelderbloem, Logan Jantjies.
Ry 2 v.l.n.r.: Jean du Plessis, Marnu van Sandwyk, Monicke van der Walt, Ryan Munro.










