Hoërskool Eldoraigne Beheerliggaam vir 2024
ADVERTISEMENT
Wat ‘n wonderlike voorreg is dit om ons nuut-verkose Beheerliggaam (ouerkomponent) aan u bekend te stel. U bereidwilligheid as ouers om in u besige skedule u kruisies te trek, het die uitkoms bewerkstellig. Ons het ’n ongekende aantal stemme tydens ons verkiesing beleef, die grootste persentasie stemme in die tydperk wat ek betrokke is by die kies van Beheerliggame by Hoërskool Eldoraigne. Ons bedank met groot waardering elke nominant wat bereid was om hom of haar beskikbaar te stel vir die groot taak. Ons vertrou en maak staat op u toekomstige ondersteuning op verskeie gebiede! Aan die verkose lede: Die ouergemeenskap het hul vertroue in u vermoë geplaas. Ons wens u die beste toe met die pad wat u saam met Hoërskool Eldoraigne gaan stap.
Ons laat u met die volgende boodskap:
“To be honest, the fact that people trust you, gives you a lot of power over people. Having another person’s trust is more powerful than all other management techniques put together”. – Linus Torvalds










