Hoërskool Eldoraigne Onvoorbereide Redenaars se Opleidingsgeleentheid
ADVERTISEMENT
Op 6 Maart het oud-Eldo’s, kenners op die gebied van onvoorbereide praatjies, Eldo’s kom touwys maak. Leoné Smith stel haarself voor en tree as beoordelaar op by vele kompetisies. Sy verstaan hoe onvoorbereide toesprake werk en help Eldo’s om sover moontlik voorbereid te wees. Oulike idees word gedeel. Later het Jayden Berry by ons aangesluit en haar resep met almal gedeel. Leoné het baie tyd aan die struktuur en inhoud van onvoorbereide bestee en heelwat wyshede en metodes met Eldo’s gedeel. Groot dank aan die twee studente, wat tyd gemaak het tussen hulle studies deur, om Eldo’s te lei in die onsekere veld van onvoorbereide toesprake. Eldo’s sê dankie!!!












