Bethlehem Voortrekker fietsryers vaar uitstekend
ADVERTISEMENT
Enrico Kennedy en Christiaan de Wet het tydens die vakansie deelgeneem aan die Berg en Bush fietsry kompetisie. Hulle het 3de geëindig in die Baby Bush (Hoërskool) afdeling. Welgedaan manne!
Bethlehem Voortrekker Hoërskool fietsry het ook goed presteer gedurende die naweek van 15 Julie 2023 by die MTB Marathon by Onze Rust buite Bloemfontein. Tydens die 25 km resies het Johan van Zyl 2de geëindig, Keanu Kennedy 3de en Janno Kriel 4de. Christiaan de Wet was 8ste en Enrico Kennedy 9de in die 55 km resies. Trekkertrots!
Foto: Keanu Kennedy, Janno Kriel, Christiaan de Wet, Enrico Kennedy, Johan van Zyl










