Bethlehem Voortrekker fietsryers kwyt hul goed van hul taak
ADVERTISEMENT
Die tweede Hardware Mecca Free State Schools fietsresies was ‘n reuse sukses. Die nuwe baan wat aan die bokant van die C-rugbyveld gebou is het die deelnemers uitgedaag, maar ons manne het hulle goed van hulle taak gekwyt! Janno Kriel was 1ste in die Sub-Jnr Boys afdeling en Keanu Kennedy 2de. In die Youth Men afdeling was Hendré Bester 7de, Enrico Kennedy 8ste en Christiaan de Wet 13de. Die aflosse het vir groot opwinding gesorg en Bethlehem Voortrekker het ‘n 3de plek behaal. Ons wil dankie sê aan Corné Kriel en sy span vir die bou en ontwerp van die baan. Trekkertrots!
Foto vlnr: Keanu Kennedy, Enrico Kennedy, Christiaan de Wet, Hendré Bester, Janno Kriel










