Hoërskool Ermelo leerder presteer aan Durban fietsry-toer
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo leerder presteer aan Durban fietsry-toer. Luzaan Durand, graad 12-leerder van EHS, het op Saterdag 13 Mei aan ’n “Mountain Bike Trail”- toer in Durban deelgeneem. In die 40km-resies eindig sy eerste in haar ouderdomsgroep en elfde van al die deelnemende dames. Tydens die 110km-padresies wat op Sondag 14 Mei plaasgevind het, behaal Luzaan ’n tweede plek in haar ouderdomsgroep en ’n sesde plek (o.23-dames). Baie geluk met die besondere prestasie, Luzaan. EHS is trots op jou talent en uitslae.
Luzaan Durand
Luzaan Durand










