Laerskool Rustenburg boogskietspan presteer by Baillie Park Interskole
ADVERTISEMENT
Laerskool Rustenburg boogskiet het Saterdag, 14 Mei aan die Baillie Park Interskole boogskietkompetisie by Hoërskool Die Wilgers, Potchefstroom deelgeneem. Ons Larrieskuts het hul mooi van hul taak gekwyt en pragtig presteer in die primêre afdeling.
Die eerstespan het met die eerste plek weggestap in die primêre afdeling met ʼn pragtige telling van 3156 uit 3600 en is aangewys as Baillie Park interskole primêre kampioene vir 2022. Dit is ook hulle hoogste telling vir die jaar tot dusver. Ons Larries boogskietspan het weer pragtig presteer en ons baie trots gemaak.
Larries se seunsskuts het 5 en dogterskuts het 6 uit die beste 10 plekke ingeneem. Skuts wat baie goed presteer het, was Melandie Swart (tweede plek onder die primêre dogterskuts met ʼn telling van 283 uit 300), Dehan van Aswegen (tweede plek onder die primêre seunskuts met ʼn telling van 279 uit 300), Jan-Hendrik Rudolph (derde plek onder die primêre seunskuts met ʼn telling van 278 uit 300) en Megan van der Westhuizen (derde plek onder die primêre dogterskuts met ʼn telling van 260 uit 300).
Ons is sommer baie trots op AL die lede van ons boogskietspanne wat ons naam so hoog hou!
2de Ry: Melandie Swart, Dehan van Aswegen, Jan-Hendrik Rudolph, Ethan Austan, Elnandré Richter, Danika Weitsz. 1ste Ry: Bernise Homan, Megan van der Westhuizen, Jeaden Rose, Stefan Flemming, Nathan Strydom, Hannes Bothma.










