Hoërskool Ermelo hokkiedogters bedank borg
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo se eerstespan hokkiedogters is opgewonde en dankbaar vir die borgskap wat Kobus Stander van KS Clothing aan die span gee. Hoërskool Ermelo KS Clothing-dogtershokkie eerstespan poog om elke wedstryd hul beste te gee en sodoende die Erries se naam hoog te hou. Die ondersteuning vanaf die gemeenskap is vir Hoërskool Ermelo van onskatbare waarde. Dankie vir die besonderse mooi klere waarmee hierdie dogters met trots hul liefde vir hokkie en vir EHS kan gaan uitleef.
Die Hoërskool Ermelo KS Clothing Eerstespan hokkiedogters ontvang opgewonde en dankbaar hul nuwe uitrustings.
Voor in die middel sit me. Linda Horn (afrigter), links van haar is mnr. Kobus Stander van KS Clothing en regs van me. Horn is Anneske Steenkamp, ook van KS Clothing.









