Hoërskool Ermelo bedank borg
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo bedank borg. Die Hoërskool Ermelo se damesafrigters is bevoorreg om Deo Botha te bedank vir sy oop hand teenoor ons hokkie-afrigters. Ons gaan ons borg Gen Lead (Generation Specialists) op en van die baan af met trots verteenwoordig. Deo, baie dankie vir die pragtige klere waarmee jy ons geborg het. Ons Erries sien uit om hierdie hokkieseisoen aan te pak met positiewe borge wat ons ondersteun.

Mnr Deo Botha en die hokkiedames van EHS









