Goeie gholfuitslae vir Hoërskool Volksrust
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust se eie Tiger Woods het die naweek wat verby is weer gewys waar Dawid die wortels begrawe het. Xian Meyer in graad 8 het deelgeneem aan Ermelo se junior ope. Daar het hy weggestap as die speler met die beste Nett vir die dag. Dit beteken volgens Xian se voorgee het hy die beste van al die deelnemers gespeel. Graag wil ons ook baie geluk sê aan Mthabisi Thwala graad 7 leerder van Laerskool Pionier wat die B divisie in Volksrust Junior ope gewen het. Dan ook Kristi du Plessis, wat 3de in die dogters ope gekom het. Ons is trots op julle!
![]()










